Kommoditeite
Riglyne oor Eskom-rekeninge en -eise, en hoe om klagtes te rapporteer.
TLU SA het 'n vaste, ooreengekome werkswyse met Eskom wat betref probleme met rekeninge. Daar word van u verwag om binne 'n sekere vensterperiode u eie lesings te neem en aan die kontaksentrum van Eskom in wie se gebied u val, deur te stuur. Indien u dit nie doen nie, sal u rekening heel moontlik op 'n geskatte bedrag gebaseer wees, aangesien Eskom nie elke maand fisies rekeninge laat lees nie.