admin@pdlu.co.za | 082 815 1639 | Facebook LinkedIn

Nuus en skakels

Media

Nuus van die Pietersburg DLU, TLU SA se persverklarings en nuttige nuusbrief-skakels.


Ons boodskap

Nuus vanaf Pietersburg DLU

Boere kry swaar met swak pryse op die mark. Lone wat opgaan, insetkoste, kunsmis en gifstowwe wat so gestyg het dat boere moet sny waar hulle kan. Boere voel onveilig op hul eie plase met al die plaasmoorde, en diefstal neem net toe.

Vandag vra ons vir elke boer om nie te gaan lĆŖ nie, maar om te vertrou op ons Vader in die Hemel.

Wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Dit is Hy wat ons die lewe gee en nie toelaat dat ons struikel nie.Psalm 66:7, 9
Vers

Wat ons teruggee

Skenkings

2023

  • Pietersburg DLU het vir Dendron BV en Bloedrivier BV elk 2 nuwe vuurvegters aangekoop om met brande in hul omgewing te help.
  • Twee van Legkraal Dendron BV se vuurvegters is heeltemal oorgedoen en een is gediens.
  • Skenkings is gegee vir die Witkruis Monument se opgradering, die Voortrekkerkamp, en 'n nuwe rekenaar vir ons Noordstreek-kantoor.

2024

  • Ons het ons BV's gevra vir blowers om met brande te help.
  • Ons kon vir elke BV 2 nuwe blowers skenk.
  • 'n Klein skenking is ook aan die Voortrekkerkamp gemaak.

TLU SA Persverklarings

Lees TLU SA se jongste mediaverklarings direk op hul amptelike webtuiste.

Sien die persverklarings