#

LIDMAATSKAP

Wie mag lid wees

By die Unie mag affilieer alle liggame wat boerebelange behartig en deur boere beheer word, wat die gees en bepalings van die konstitusie van die Unie en die van TLU-SA in alle opsigte onderskryf en aanvaar en wat deur die Uitvoerende Komitee van die Unie goedgekeur word; en

Boereverenigings in die Distrikslandbou-Unie se gebied en landboukoöperasies of landboumaatskappye moet direk met die Distrik Landbou-Unie affilieer.

‘n Spesialiteitsvereniging wat reeds by die Transvaalse Landbou-Unie geaffilieer is, is onderhewig daaraan:

Dat ‘n spesialiteite vereniging se aansoek om affiliasie van ‘n wettige konstitusie vergesel moet word,

Dat ‘n spesialiteitsvereniging sitting op die betrokke bedryfskomitee van die distrik Landbou-Unie sal kry en daardeur ook sitting op die Algemene Raad van die Distrik Landbou-Unie soos bepaal in Artikel 10B (i)(c),

Waar sodanige spesialiteitsvereniging nie by die Transvaalse Landbou-Unie geaffilieer is nie, sal die Vereniging ‘n bedrag moet betaal wat gelykstaande is aan die getal Transvaalse lede van die spesialiteitsorganisasie wat nie ook lede van ‘n erkende Boerevereniging is nie, vermenigvuldig met die bedrag wat elke lid van ‘n erkende Boerevereniging gedurende die jaar op voorskrif van die finansies skema as ledegeld moet betaal.

Lidmaatskap van die Unie is ‘n voorreg en kan deur die Algemene Raad toegestaan, geweier of beëindig word waar daar volgens die mening van die Algemene Raad billike gronde vir sodanige handeling bestaan.

Dissiplinêre stappe kan deur die Algemene Raad ingestel word teen enige van die affiliasies van die Unie wat na die mening van die Raad in stryd met die bepalings en gees van die konstitusie van die Unie of die van TLU SA handel.


Verdere vereistes vir lidmaatskap

Wat Boereverenigings betref, aanvaar die Unie dat die finansies skema van georganiseerde landbou die enigste wyse daarstel waarop individuele lidmaatskap verkry kan word;

Ander affiliasies of instansies wat wens by die Unie te affilieer, betaal jaarliks aan die Unie ‘n ledegeld soos vasgestel deur die Algemene Raad;

Met die uitsondering van amptenare van affiliasies wat volgens die bepalinge van die konstitusie sitting in komitees van die Unie mag neem, mag slegs persone wat ook lede onder die finansies skema van ‘n, deur TLU SA erkende Boerevereniging is, sitting in enige Raad, Komitee of Subkomitee van die Unie neem.


Pietersburg DLU Konstitusie

Lees gerus deur Pietersburg DLU se Konstitusie.

web counter