Kommoditeite
Arbeidsreg, dienskontrakte, vorms en riglyne om werkgewers en werknemers by te staan.
Vir ons mark
Ons spesialiseer in risiko- en voorsorgfondsprodukte in die nismark van die landbou. Elke plaas of landboustruktuur is anders, en daarom bied ons 'n unieke, veelsydige produk wat aanpasbaar is en tog eenvoudig genoeg bly om administrasie en koste te beperk.
Die fonds word ondersteun en bestuur deur 'n raad van trustees vanaf Agri SA, TLU SA en die LWO, saam met professionele onafhanklike trustees.
Antwoorde op algemene vrae oor arbeidsreg, dienskontrakte, ontslag en geskilbeslegting.
Met komplimente van die Departement van Arbeid. Hierdie is 'n opsomming van die belangrikste bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (soos gewysig). Die Wet is van toepassing op alle werknemers en werkgewers, met enkele uitsonderings. Die basiese diensvoorwaardes maak deel uit van die dienskontrak; sommige daarvan kan volgens die Wet deur individuele of kollektiewe ooreenkomste gewysig word.
Die berekening van 'n werker se vergoeding vir 'n tydperk wat hy weens 'n besering van diens afwesig was, word volgens die Wet gedoen. Betaling ten opsigte van besering aan diens geld waar 'n werker langer as drie dae en minder as twaalf maande ongeskik is vir werk. Elke geval kan na 12 maande hersien word.
Om voorsiening te maak vir maatreƫls om langtermynsekerheid van verblyfreg op grond met Staatshulp te fasiliteer; om die voorwaardes van verblyf op sekere grond te reƫl; en om die voorwaardes waaronder verblyf beƫindig kan word en persone uitgesit kan word, te reƫl.
Sien 'n voorbeeld van 'n salarisstrokie en plaaswerkers se aftrekkings.
Voorbeelde vir verskillende konsultasies.
'n Verskeidenheid verhoor- en dissiplinĆŖre voorbeelde.
'n Verskeidenheid afdanking-voorbeelde.
Inspekteurs van die Departement van Arbeid doen werksplekbesoeke om die vlak van nakoming te bepaal volgens die onderstaande.
Agri-SEB is tans nog geen realiteit in landbou nie, hoewel dit hoog op die regering se sakelys staan. Daar word nog onderhandel oor 'n Agri-SEB-handves. 'n Voorlopige handves is deur die meeste rolspelers onderteken, maar TLU SA het geweier om dit te onderteken; diƩ dokument is hoogstens 'n akte van voorneme en het geen bindingskrag nie.