#

TERME EN VOORWAARDES

TOEGANGSVOORWAARDES

Die gebruik van Pietersburg DLU webtuiste of webblad (hierna verwys as "hierdie webblad"of "die webblad") is onderworpe aan die gebruiksterme en voorwaardes soos hieronder uiteengesit. Dit is belangrik dat die leser die terme en voorwaardes van toepassing op Pietersburg DLU webtuiste moet lees en begryp.

AANVAARDING

Hierdie terme en voorwaardes tree in werking sodra die gebruiker vir die eerste keer toegang tot die webblad verkry en is 'n bindende ooreenkoms tussen Pietersburg DLU en die gebruiker.

INLIGTING OP HIERDIE WEBTUISTE

Alle inligting op hierdie webblad is bedoel om die gebruiker met algemene inligting omtrent TLU SA en Pietersburg DLU te voorsien.

Alle inligting met betrekking tot die inligting, insluitend inligting met betrekking tot die terme en voorwaardes, enige ander sake, is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.

Die webtuiste en alle inligting hierin vervat word op hierdie webblad, word voetstoots voorsien. Die inligting voorsien op hierdie webblad moet nie geag word as professionele advies van enige aard nie en word geen waarborge daaromtrent verskaf nie.

DERDE PARTY INLIGTING

Pietersburg DLU mag die dienste van enige ander derde partye gebruik om inligting op hierdie webtuiste te verskaf. Pietersburg DLU het geen beheer oor die derde party inligting nie en verskaf geen waarborge van enige aard met betrekking tot die akkuraatheid of toepaslikheid daarvan nie. Pietersburg DLU sal nie direk of indirek verantwoordelik wees vir enige skade, van welke aard ookal, wat mag voortspruit uit die gebruiker se gebruik van sodanige inligting nie.

PRIVAATHEID

Pietersburg DLU se verbintenis tot kliënte se privaatheid en sekuriteit word uiteengesit in Pietersburg DLU se beleid oor die beskerming van privaatheid.

WYSIGINGS TOT HIERDIE VOORWAARDES

Pietersburg DLU mag hierdie voorwaardes van tyd tot tyd wysig sonder kennisgewing aan die gebruiker. Deur toegang te verkry tot hierdie webblad, is gebruikers verbonde aan die weergawe van die terme en voorwaardes gepubliseer ten tye van enige besoek aan hierdie webblad. Die gebruiker onderneem om die huidige weergawe elke keer te bestudeer wanneer hierdie webblad besoek word.

Die huidige weergawe van hierdie voorwaardes sal die onderskeie regte en verpligtinge van Pietersburg DLU en die gebruiker bepaal, elke keer wanneer toegang tot hierdie webblad verkry word.

GEKOPPELDE DERDE PARTY WEBBLAAIE

Hierdie webblad mag sekere beelde en koppelings aan ander derde party webblaaie ("gekoppelde webblaaie") bevat, met inligting en materiaal geproduseer deur ander partye. Die gekoppelde webblaaie is nie onder beheer van Pietersburg DLU nie en Pietersburg DLU is nie verantwoordelik vir die inhoud van enige gekoppelde webblad nie, insluitend sonder beperking enige koppeling vervat in 'n gekoppelde webblad, of enige veranderinge of opdatering van 'n gekoppelde webblad.

Pietersburg DLU is nie verantwoordelik vir enige vorm van transmissie vanaf gekoppelde webblaaie nie en is ook nie verantwoordelik daarvoor as die gekoppelde webblad nie behoorlik funksioneer nie.

INTELLEKTUELE GOEDEREREGTE

Kopiereg is van toepassing op hierdie webblad en enige ander intellektuele eiendom, insluitend logo's en enige grafiese en multimedia werke wat aan Pietersburg DLU behoort.

Die gebruiker is gemagtig om een kopie af te laai op 'n lokale hardeskyf, dit te druk en kopieë of sodanige uitdrukke daarvan te maak, op die volgende voorwaardes:

Dat die materiaal gebruik word vir aanlyndienste en vir geen ander kommersiële doeleindes nie.

Dat enige reproduksie van die materiaal wat verkry is vanaf die webblad of enige gedeelte daarvan, Pietersburg DLU se kopiereg kennisgewing in geheel moet vervat.

Die logo's en handelsmerke wat op hierdie webblad verskyn, is Pietersburg DLU se geregistreerde en onregistreerde handelsmerke en nie dié van derde partye nie.

Dit moet nie aanvaar word dat enigiets op hierdie webblad aandui dat 'n lisensie of reg toegeken word dat enige handelsmerk sonder Pietersburg DLU se voorafverkreë skriftelike toestemming en/of toestemming van enige derdepartye, gebruik kan word nie. Die gebruiker mag nie enige van Pietersburg DLU se intellektuele eiendom of eiendom van derde partye vir enige doeleindes gebruik sonder die voorafverkreë skriftelike toestemming van Pietersburg DLU of die derde party nie.

STUUR VAN INLIGTING

Inligting gestuur deur 'n onversekerde koppeling oor die Internet, insluitend E-pos, is onderworpe aan potensiële onregmatige toegang of monitering. Pietersburg DLU het sekere stappe geneem om die risiko's in die verband te beperk. Die maatreëls is uiteengesit in Pietersburg DLU se beleid oor die Beskerming van Privaatheid.

Die gebruiker aanvaar dat Pietersburg DLU nie aanspreeklik gehou kan word vir enige verlies of skade gely deur die gebruiker as gevolg van enige onwettige aktiwiteite deur enige ander persone nie, aangesien Pietersburg DLU nie sodanige optrede kan voorkom nie. Pietersburg DLU mag onafhanklike verifiëring van enige inligting deur die gebruiker gestuur via die webtuiste of E-pos, laat verifieer van tyd tot tyd ten einde sodanige risiko's te beperk.

WAARBORGE EN VOORSTELLINGS

Al die inligting wat op hierdie webtuiste verskyn, word voorsien sonder 'n voorstelling of waarborg van enige aard, uitdruklik of geïmpliseer, en Pietersburg DLU doen afstand van enige aanspreeklikheid teenoor die gebruiker in die verband.

Pietersburg DLU maak geen voorstellings of waarborge met betrekking tot die akkuraatheid, funksionaliteit, toepaslikheid vir gebruik of aantasting van regte met betrekking tot hierdie webtuiste nie en doen afstand van enige aanspreeklikheid in hierdie verband.

Pietersburg DLU verskaf geen waarborg dat die webblad of aanlyndienste foutvry is nie.

AFSTANDDOENING EN BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID

Pietersburg DLU het sover moontlik redelike stappe geneem met betrekking tot die akkuraatheid en volledigheid van die inhoud wat op hierdie webtuiste verskyn, ten einde te verseker dat die gebruiker nie enige verlies of skade ly as gevolg van die gebruik van hierdie webblad nie.

Gebruik van hierdie webblad en die aanlyndienste is geheel en al op die gebruiker se risiko. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid vir die risiko van skade en/ofverlies voortspruitend uit die gebruik van hierdie webblad en die gebruiker se vertroue op die inligting daarin vervat.

Onder geen omstandighede sal Pietersburg DLU aanspreeklik wees vir enige skade, verlies, direk of indirek, spesiaal, toevallig of gevolglik nie, weens die gebruik van die webblad deur die gebruiker en die aanlyndienste of die inligting vervat op hierdie webblad, of die gebruiker se onvermoë om hierdie webblad of die aanlyndienste te gebruik nie, ongeag of sodanige skade of verlies voortspruit uit 'n kontrak, of onregmatige daad of andersins en ongeag of Pietersburg DLU uitdruklik ingelig is oor die moontlikheid van sodanige verlies of skade.


Sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van bostaande, en tot die mate wat wetlik toelaatbaar is, sal Pietersburg DLU nie aanspreeklik gehou word vir die volgende nie:

Enige onderbreking, abnormale werking, aftyd, aflynsituasie of enige ander gebrek op die webblad of aanlyndienste, Pietersburg DLU se stelsel, databasisse of enige ander komponente wat buite Pietersburg DLU se redelike beheer val;

Enige verlies of skade met betrekking tot die gebruikersdata of enige ander data, direk of indirek veroorsaak deur faling van Pietersburg DLU se stelsels, derde party stelsels, kragonderbrekings, onwettige toegang tot of diefstal van data, rekenaarvirusse of vernietigende kodes op Pietersburg DLU se stelsel of enige ander derde party stelsel, of programmeringsdefekte;

Enige onderbreking, abnormale werking, aftyd of enige ander faling van goedere of dienste voorsien deur derdepartye, insluitend, sonder beperking, derde party stelsels soos die publieke telekommunikasie diensverskaffers, Internet diensverskaffers, elektrisiteitsvoorsieners, plaaslike owerhede en gesertifiseerde owerhede, of enige ander insident waaroor Pietersburg DLU geen beheer het nie.

GEBRUIKER SE AANSPREEKLIKHEID TEENOOR PIETERSBURG DLU

Die gebruiker sal aanspreeklik wees teenoor Pietersburg DLU vir enige laste, verliese of koste aangegaan deur Pietersburg DLU as gevolg van enige nie-nakoming deur die gebruiker van enige terme en voorwaardes.

BEËINDIGING, OPSKORTING EN BEPERKING

Pietersburg DLU mag:

Beperkings en limiete stel op die reg van sekere dienste, kenmerke of funksies op hierdie webblad;

Toegang tot gedeeltes of alle dienste op hierdie webblad, beperk; en

Hierdie webblad wysig, opskort of beëindig, tydelik of permanent, sonder kennisgewing.

TOEPASLIKE WETGEWING EN JURISDIKSIE

Die terme en voorwaardes van toepassing op enige produkte en dienste wat op hierdie webtuiste verskyn, sal beheer en geïnterpreteer word in ooreenstemming met die wetgewing van die Republiek van Suid-Afrika en enige versoek om produkte of dienste aangebied op hierdie webblad of bladsye sal die gebruiker se toestemming en onderwerping aan die jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe aandui met betrekking tot alle verrigtinge, transaksies, aansoeke ensomeer ingestel deur enige party teen 'n ander, voortspruitend uit enige terme en voorwaardes van toepassing op hierdie webblad of sodanige produkte of dienste.


ALGEMENE BEPALINGS

Die opskrifte van die klousules in hierdie voorwaardes word voorsien vir gerieflikheidsdoeleindes en maklike verwysing alleenlik en sal nie gebruik word om enige van die terme en voorwaardes te interpreteer, te wysig of te beklemtoon nie.

Geen versuim deur Pietersburg DLU om enige van die regte van Pietersburg DLU uit te oefen, sal beskou word as 'n afstanddoening van enige reg nie, uitdruklik of geïmpliseer, en dit sal ook nie die regsgeldigheid van enige van hierdie terme en voorwaardes affekteer of Pietersburg DLU se reg beïnvloed om enige aksie teen die gebruiker in te stel nie.

Indien enige van hierdie terme of voorwaardes ongeldig, onwettig of onafdwingbaar bevind word, sal sodanige term of voorwaarde skeibaar wees van die oorblywende terme en voorwaardes soos hierin vervat, en sal die oorblywende terme en voorwaardes steeds geldig wees.

WETGEWINGS

POPI-WETGEWING – DIS WAT JY MOET WEET

web counter