Meer oor ons jaarlikse Tarentaaljag

Ons Tarentaaljag is ʼn jaarlikse fondsinsamelingsprojek. Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie en samel een keer ‘n jaar fondse in. Fondse wat ons in 2019 ingesamel het, het gegaan aan ons Regsfonds om lede te help met regshulp, skenking wat ons aan bejaardes en minder bevoorregtes gemaak het en ook om ons maandelikse kostes te dek. Ons het ook n groot bydrae gelewer tot die veiligheid van die gemeenskap deur van die gespesialiseerde veiligheidskameras wat in die omgewing opgerig word te finansier.

Ons pryse bestaan uit die volgende:

TARENTAALJAG 2021

Ons wil al ons borge bedank vir 'n suksevolle tarentaaljag.


Dankie aan Wenkem vir die kontant bydrae. Dankie ook aan die borge wat vir ons pryse gegee het nl. JD Fastener, Fast tools en Africa Oudoorsman, Expedition north, Northmaster, Mega World 4 x 4, RSA, asook vleissentraal Bosveld vir die kepsies en BF Petroleum vir die mussies.

'n Baie groot dank aan ons vleis borge nl. Pieter Schulenburg, Alwyn Botha, Louis Holthauzen, Derich van der Merwe, Jan-Albert coetzee, Vencor en C2C Chicken.

Ons spanne van hierdie jaar: M & M Transport, M Square projects, Vleissentraal, BF Petroleum, Gerrie Graig, Toyota Limpopo flying squad, Catnis, Calculus, Noon Gun Gunslinger, African Outdoorsman, Wildman Hunting, Uitspan, Boksombende, Northmaster, Afgri, Die Komunne, Tragatti, Arms for Africa, Tarentaal Kraal, Wilde Honde en ons Boerspan gesamentlik met NTK en RSA.

Inskrywingsvorm

U kan 2021 se inskrywingsvorm hier aflaai.

Borgebrief 2021

Wil u graag 'n borg wees of dalk 'n span inskryf? Lees gerus ons borgebrief vir meer inligting.

Tarentaaljag opsomming van spanne en wenners vanaf 2010 tot 2021

Lees inligting hier!

Meer foto's van 2021

Gaan kyk gerus na foto's op ons facebook blad!

2021 Wenners

1Ste span met die meeste Tarentale

BF Petroleum (256)

2De span met die meeste Tarentale

Catnis (209))

1Ste span met Kleiduif

Die Kommune

2De span met Kleiduif word gedeel deur 2 spanne

BF Petroleum

2De span met Kleiduif word gedeel deur 2 spanne

M & M Transport

Span met die 5 swaarste Tarentale

Calculus

Grootste Kam

Jan-Albert Coetzee (94mm)

Grootste Spoor

Bertus Visagie (35mm)

2021 Borge