admin@pdlu.co.za | 082 815 1639 | Facebook LinkedIn

Kommoditeite

Veiligheid

Regte, riglyne en dokumente om ons boeregemeenskap veilig te hou. Klik op enige item om die dokument te open.

My regte

Kriminele reg en wat jou regte as individu binne die reg is.

Riglyne vir onwettige arrestasie kan deur lede aangevra word.

Arbeid

Die Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Wet 62 van 1997, ESTA) gee 'n plaaswerker nie eienaarskap van 'n huis wat aan hom op die plaas toegeken is nie. ESTA bepaal duidelik dat geen plaaswerker sonder 'n hofbevel van 'n plaas uitgesit mag word nie. Nadat toestemming ontvang is om op die plaas te woon, kan die plaaswerker beskryf word as 'n okkupeerder.

Riglyne vir verblyfreg kan deur lede aangevra word.

Veediefstal

In terme van die Wet op Oortreding is 'n betreder iemand wat onregmatig en sonder toestemming op iemand anders se grond teenwoordig is, en so 'n persoon maak hom of haar skuldig aan 'n kriminele oortreding. Iemand wat 'n wettige rede het om daar te wees, kan nie skuldig bevind word van betreding nie. Die vervolging moet bewys dat die beskuldigde die eiendom sonder toestemming betree het, en die beskuldigde moet 'n wettige rede vir sy teenwoordigheid kan gee.

Maak met die aanmelding van 'n saak seker dat betreding, oortreding van die Omheiningswet (oor draad klim of 'n hek oopmaak) en 'n kostebevel by skuldigbevinding bygevoeg word.

Ander veiligheidsriglyne

Die veiligheidsituasie in die land veroorsaak dat steunkringe en plaaswagte in verskeie omstandighede moet kan optree. Anders as die Weermag of SAPD, wat oor formele strukture, hulpbronne, toerusting en opleiding beskik, bestaan steunkringe uit boere en gewone lede van 'n plattelandse gemeenskap. Daarom is daar 'n behoefte aan basiese riglyne en opleiding.

Veiligheidsriglyne is vir lede beskikbaar.

Grafbesoek

Die persoon(e) wat die grafte wil besoek, moet skriftelik aansoek doen en die aansoek motiveer. Redes moet ook verstrek word waarom daar juis nou besoek aan die grafte afgelĆŖ wil word, en waarom nie die afgelope paar jaar nie.

Riglyne is op aanvraag vir lede beskikbaar. Kontak admin@pdlu.co.za.