#

VEILIGHEID

image

My Regte

Kriminele Reg en wat jou regte as 'n individu is binne die reg.
Wanneer moet ek 'n Strafreg Prokureur raadpleeg?
Wat staan my te doen as ek in hegtenis geneem is?
Ek verneem dat iemand wat ek ken in hegtenis geneem is. Hoe kan ek dit bevestig?
Wat gemaak as ek nie 'n prokureur kan bekostig nie?
Hoeveel sal 'n prokureur my vra om my saak te behartig, en hoe kan ek die kostes beperk?
Kan ek by 'n padblokkade in hegtenis geneem word op grond van uitstaande verkeersboetes?
Wat is my regte wanneer ek by 'n padblokkade afgetrek word?
Mag die polisie my huis of my kar sonder 'n lasbrief of my toestemming deursoek?
Indien 'n lasbrief die polisie magtig om my huis te deursoek, kan hul ook elders deursoek?
Mag die polisie my deur afskop om my huis binne te kom?
Mag die polisie my in hegtenis neem sonder 'n lasbrief?
Waar die polisie nie my regte aan my voorgelees het nie, kan my saak uitgegooi word?
Wat is “MENS REA” en hoekom is dit belangrik?
Moord en Strafbare manslag. Wat is die verskil?
Roof, diefstal en bedrog. Wat is die verskil?
Hoe lank na inhegtenisname moet 'n persoon voor die hof gebring word?
Wat is die strafproses en hoekom is dit belangrik?
Ek is aan 'n misdaad skuldig bevind. Kan ek appél aanteken?
Watter verwere kan 'n beskuldigde in 'n strafsaak opper?
Hoe word minderjariges anders as volwassenes behandel?
Hoe beskerm ek my teen inhegtenisname indien ek nog nie my dokumente rakende my vuurwapenlisensie ontvang het nie?
Wat is die doel van vonnisoplegging en wat is die faktore wat die hof in ag neem?
Wat is die verskillende tipes vonnisse wat 'n hof kan oplê?
Wat is van die belangrikste wetgewing wat Strafreg betref?
image

Eiendom Beskerming

Elke persoon het ‘n grondwetlike reg tot vryheid. Hierdie reg kan slegs onder sekere omstandighede wettig ingeperk word deur arrestasie. Hieronder word ‘n uiteensetting gegee van wanneer ‘n persoon gearresteer kan word en wat sy regte is indien hy gearresteer word. Dit moet in gedagte gehou word dat hierdie handleiding ‘n basiese uiteensetting van die regsposisie en persone se regte weergee. Indien ‘n persoon gearresteer word, word aanbeveel dat hy so spoedig moontlik die dienste van ‘n regspraktisyn bekom.
Unlawful entering on premises bill
Betreding van eiendom
Regte om eiendom te beskerm
Strafregtelike aangeleenthede
Grondbesetting
Trespass affidawit individual legal entity
Trespassing unlawful occupation of land and evictions
Trespass affidavit individual owner
Special power of attorney
Resolution Trust - Company or CC 31 July 2023
image

Arbeid

Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, Wet 62 van 1997 (ESTA) gee ’n plaaswerker nie eienaarskap van ’n huis wat aan hom op die plaas toegeken is nie. ESTA bepaal duidelik dat geen plaaswerker sonder ’n hofbevel uitgesit mag word vanaf ’n plaas nie. Nadat toestemming ontvang is om op die plaas te woon, kan die plaaswerker beskryf word as ’n okkupeerder.
Arbeid onrus op plase
Riglyne:Verblyfreg
image

Arrestasie

Daar is 'n merkbare verslegting in die objektiwiteit waarmee sommige SAPD lede die wet toepas. Gedurende die onlangse tyd kom dit toenemend voor dat individue vir onbenullighede gearresteer word en dat daar dan ook beslag op gelisensieerde vuurwapens gelê word. Dit is duidelik dat 'n uitdruklike riglyn deur die nasionale polisiekommissaris wat onder die verwysing 26/5/1 gedateer 9 Mei 2005 onder andere aan alle Provinsiale Kommissarisse, Stasiekommissarisse en Eenheidsbevelvoerders versprei is, nie met die nodige erns bejeën word nie.
Riglyn Onwettige Arrestasie 30 Nov 2007
Riglyn Onwettige Arresasie Des 2002
image

Veediefstal

In terme van die Wet op Oortreding is ’n betreder ’n persoon wat onregmatig en sonder toestemming op iemand anders se grond teenwoordig is. So ’n persoon maak hom of haar skuldig aan ’n kriminele oortreding. Iemand wat ’n wettige rede het om op iemand anders se eiendom te wees, kan nie skuldig bevind word van betreding nie – selfs al is hy of sy daar sonder die eienaar se toestemming. Daarom kan iemand wat goedere aflewer, ‘n verteenwoordiger of iemand wat navraag doen oor aanwysings, nie ‘n oortreder wees nie. Die Wet op Oortreding maak nietemin voorsiening vir die vervolging om te bewys dat die beskuldigde die eiendom betree het sonder toestemming. Die persoon in die beskuldigdebank moet ‘n wettige rede vir sy teenwoordigheid kan voorsien.
Veediefstal aanmeldingsvorm
Veediefstal eenhede
Omheiningswet
Wet op oortreding
image

Ander veiligheid Riglyne

Die veiligheidsituasie in die land veroorsaak dat steunkringe / plaaswagte in verskeie omstandighede moet kan optree.
Afhangende van omstandighede en tipe voorval sal die steunkringe op ’n bepaalde wyse reageer.
Oor die algemeen bestaan die steunkringe uit boere en mense wat deel is van ’n normale plattelandse gemeenskap met normale boerdery praktyke en werke waar die mense by betrokke is. Dit is dus nie ’n Weermag of SAPD wat voltyds hulle tyd aan die veiligheidsituasie afstaan nie. Bogenoemde instansies het strukture, hulpbronne, toerusting en ook opleiding wat hulle help om hul take te verrig.
Steunkringe / Plaaswagte beskik nie oor al bogenoemde op ’n formele en deurlopende basis nie, daarom die behoefte aan basiese riglyne en ook opleiding.
Veiligheids riglyn deur Soutpansberg DLU
Veiligheids riglyne
Selfverdediging en noodweer
Plaasbesoek protokol
Verskil tussen Betreder of Plakker
Skut Wet
image

Grafbesoek

Die persoon(e) wat die grafte wil besoek moét skriftelike aansoek doen en die aansoek motiveer. Redes moet ook verstrek word waarom daar juis nou besoek aan die grafte afgelê wil word en waarom nie die afgelope paar jaar nie.
Graf besoek prosedure
Oprigting van grafstene prosedure
Ooreenkoms vir besoek van grafte
Aansoek om graf te besoek
web counter