#

INLIGTING OOR BEESTE

image

IDENTIFIKASIE

Vir aansoeke vir 'n identifikasie merk moet die volgende vorm in gevul word en gestuur word aan SanetC@daff.gov.za of Fax na 012 319 7551 Gebruik jou ID nommer of registrasie nommer indien n besigheidsidentiteid aansoek doen vir die merk, sonder die nommer sal die aansoek nie suksessvol wees nie. Vir meer inligting kan u gerus na die volgende webtuiste gaan kyk: http://www.stocktheftprevent.co.za/ Vir meer inligting oor aansoek vir die merk van beeste kan u gerus gaan kyk op https://www.gov.za/services/animal-improvement/register-animal-identification-mark
Aansoek vorm vir beeste merk
Vee verwydering vorm
Identifikasie van diere
Merk regulasies
image

BEMARKING VAN DIERE

Wetgewing wat die bemarking van vee reguleer, beskerm die eienaar en alle rolspelers in die rooivleiswaardeketting aan wie die vee gelewer word. Hiervoor is die Wet op Veediefstal (Wet 57 van 1959) en die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002) gepromulgeer. Albei is steeds van krag. Die wette hanteer twee spesifieke aspekte van die bemarking van vee, naamlik die koop en verkoop asook die vervoer van vee, wat in hierdie hoofstuk kortliks bespreek word. Enigeen wat met vee handel dryf, het die plig om op hoogte te wees van alle wetgewing daaroor. Die inhoud van hierdie hoofstuk behandel net die hooftrekke van die wetgewing en moet nie as omvattend beskou word nie.
Verkoop en herverkoop van diere
image

SIEKTE BY BEESTE

VOORSORG VIR DIE WINTER
Alhoewel die seisoen draai moet die boere asb nie ophou met hul interne parasiet programme nie en is hierdie tyd van die jaar eintlik die ideale tyd om diere skoon te kry vir die winter. Voorstel is ‘n goeie ontwurmig en vit A behandeling voor die winter kom. Dis ook ‘n goeie tyd vir die boere om met hul oorgangs lekke te begin. Voorstel is n 50% phosfaat lek en 50% proteien/winter lek en dan so van einde Mei af n 100% proteien lek.
Olifant siekte
Snotsiekte
web counter