#

TLU SA Manifes

EENHEID IN LANDBOU

Sedert TLU SA (op daardie stadium nog die Transvaalse Landbou-unie) en die Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU) se paaie geskei het, het die bestuur van TLU SA voortgegaan om uit te reik na ander rolspelers in die kommersiële landboubedryf. Die doel is om ‘n gesamentlike standpunt oor landbousake in te neem. Hoewel die sukses van hierdie pogings in die verlede gewissel het, hou TLU SA vol in die strewe na eenheid onder en vir die belange van kommersiële boere. ‘n Kommersiële landbou-organisasie se doel moet wees om te poog om kommersiële boere in veiligheid, volhoubaar op hul grond te hou. Die krag van kollektiewe bedinging skep juis daardie vermoë.

Lees verder

Manifes
web counter