Meer oor PDLU
Ons standpunt: eenheid onder kommersiƫle boere, en 'n gesamentlike stem vir landbou.
Ons standpunt
Sedert TLU SA (op daardie stadium nog die Transvaalse Landbou-unie) en die Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU) se paaie geskei het, het die bestuur van TLU SA voortgegaan om uit te reik na ander rolspelers in die kommersiƫle landboubedryf, met die doel om 'n gesamentlike standpunt oor landbousake in te neem.
Hoewel die sukses van hierdie pogings in die verlede gewissel het, hou TLU SA vol in die strewe na eenheid onder en vir die belange van kommersiƫle boere.
'n Kommersiele landbou-organisasie se doel moet wees om kommersiƫle boere veilig en volhoubaar op hul grond te hou. Die krag van kollektiewe bedinging skep juis daardie vermoƫ.