#

VEILIGHEID

image

My Regte

Kriminele Reg en wat jou regte as 'n individu is binne die reg.

Lede kan aanvra vir Riglyne vir onwettige arrestasie

* Arrestasie en borg handleiding
* Vervoer van vuurwapen
* Kriminele reg
image

Arbeid

Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, Wet 62 van 1997 (ESTA) gee ’n plaaswerker nie eienaarskap van ’n huis wat aan hom op die plaas toegeken is nie. ESTA bepaal duidelik dat geen plaaswerker sonder ’n hofbevel uitgesit mag word vanaf ’n plaas nie. Nadat toestemming ontvang is om op die plaas te woon, kan die plaaswerker beskryf word as ’n okkupeerder.

Riglyne vir Verblyfreg kan aangevra word deur lede.

* Arbeid onrus op plase
* Verbode immigrante en belangrike arrestasies
image

Veediefstal

In terme van die Wet op Oortreding is ’n betreder ’n persoon wat onregmatig en sonder toestemming op iemand anders se grond teenwoordig is. So ’n persoon maak hom of haar skuldig aan ’n kriminele oortreding. Iemand wat ’n wettige rede het om op iemand anders se eiendom te wees, kan nie skuldig bevind word van betreding nie – selfs al is hy of sy daar sonder die eienaar se toestemming. Daarom kan iemand wat goedere aflewer, ‘n verteenwoordiger of iemand wat navraag doen oor aanwysings, nie ‘n oortreder wees nie. Die Wet op Oortreding maak nietemin voorsiening vir die vervolging om te bewys dat die beskuldigde die eiendom betree het sonder toestemming. Die persoon in die beskuldigdebank moet ‘n wettige rede vir sy teenwoordigheid kan voorsien.

Met aanmelding van 'n saak maak seker dat die volgende sake bygevoeg word:
Betreding, Oortreding van die Fencing Act (Oor draad klim of hek oopmaak en 'n kostebevel by skuldigbevinding.

* Veediefstal aanmeldingsvorm
* Veediefstal verklaring voorbeeld
* Veediefstal eenhede
* Omheiningswet
* Wet op oortreding
* Jag met honde en noodweer
image

Ander veiligheid Riglyne

Die veiligheidsituasie in die land veroorsaak dat steunkringe / plaaswagte in verskeie omstandighede moet kan optree.
Afhangende van omstandighede en tipe voorval sal die steunkringe op ’n bepaalde wyse reageer.
Oor die algemeen bestaan die steunkringe uit boere en mense wat deel is van ’n normale plattelandse gemeenskap met normale boerdery praktyke en werke waar die mense by betrokke is. Dit is dus nie ’n Weermag of SAPD wat voltyds hulle tyd aan die veiligheidsituasie afstaan nie. Bogenoemde instansies het strukture, hulpbronne, toerusting en ook opleiding wat hulle help om hul take te verrig.
Steunkringe / Plaaswagte beskik nie oor al bogenoemde op ’n formele en deurlopende basis nie, daarom die behoefte aan basiese riglyne en ook opleiding.

Veligheid Riglyne is beskikbaar vir lede

* Selfverdediging en noodweer
* Plaasbesoek protokol
* Skut Wet * Veldbrande Wet 101 van 1998
* Die vereistes vir draagbare spoedkameras?
image

Grafbesoek

Die persoon(e) wat die grafte wil besoek moét skriftelike aansoek doen en die aansoek motiveer. Redes moet ook verstrek word waarom daar juis nou besoek aan die grafte afgelê wil word en waarom nie die afgelope paar jaar nie.

Grafbesoek Riglyne is beskikbaar vir lede.

web counter