
DANKIE AAN ELKE LID WAT DIE FUNKSIE BYGEWOON HET!
Dit was 'n vooreg om so baie van ons boere weer bymekaar te kon kry en die middag saam kon geniet.
Ons het 8 spanne van 4 persone elk gehad wat ingeskryf het. Elke span kon 'n prys wen.
Ons wil net al ons borge bedank: Titan steel, Kudu Leisure, Wildman, Ntk, Antonie Vercueil, Pieter wentzel en Hanna's hair.
Sonder julle sou ons nie vir elke persoon 'n prys kon gee nie.
Gaan kyk gerus na ons foto's wat opgelaai is!
BLOEDRIVIER, DENDRON EN LEGKRAAL BOEREVERENINGING
Met die hoeveelheid brande wat die laaste jaar plaasgevind het deur persone wat die veld opsetlik aansteek moes die DLU inspring en kyk waar ons kon help.
Ons kon 2022 brandstof en voer skenk aan boere in Kuschke omgewing wat onder die brande gebuk gegaan het. Alhoewel dit nie lede van Pietersburg DLU was nie kon TLU SA ons bystaan met voer.
Met fondse wat ingesamel is deur ons jaarlikse tarentaaljag kon ons vir Bloedrivier Boerevereninging en Dendron Boerevereniging elk 2 vuurvegters skenk.
Ons is dankbaar vir elke persoon wat ingeskryf het of pryse geborg het vir ons jaarlikse tarentaaljag wat die skenking van vuurvegters moontlik gemaak het.
Legkraal BV het genoeg vuurvegters maar hulle moes oorgedoen word. Die bestuur het besluit om 2 vuurvegters heeltemal oor te doen en 1 net te diens.
Daar is nou 3 werkende vuurvegters by Legkraal BV wat by lede staan wat dit instand sal hou.
Samesprekings is gehou op 21 Oktober 2023 tussen Legkraal BV en Dendron Bv en daar is besluit om die 2 BV's te inkorporeer met mekaar.
Die boerevereniging gaan voortaan bekend staan as Legkraal Dendron BV (LDBV).
Kyk gerus op ons kalender vir al die gebeurtenisse wat gaan plaasvind in 2024 by LBV.