#

PIETERSBURG
Distrik Landbou Unie

“Het jy geëet vandag? Bedank die boer en sy plaaswerker –
geen boer, geen kos, geen toekoms”.



HOE WERK ONS STRUKTUUR

TLU SA BOODSKAP

Boere moet vasbyt en bly hoop, sê TLU SA president
Moed opgee en hoop verloor mag nie deel van die Suid-Afrikaanse boer se DNS wees nie.
Ons sal moet vasbyt, sterk staan en ons rûe styf maak. Kom ons ontgin en benut geleenthede wat oor ons pad kom en reik saam na die toekoms.
Misdaad in ons land is buite beheer. Plaasaanvalle en -moorde vind steeds byna daagliks plaas. Vanjaar alreeds 106 aanvalle en 28 moorde. Sedert 1990 tot vandag is 6115 aanvalle en 2198 moorde aangemeld. Elke individu moet verantwoordelikheid neem vir sy eie veiligheid en gesamentlik met sy gemeenskap toesien dat daar gemeenskapsveiligheid planne geïmplementeer word.
Diefstal van algemene landbouprodukte bly steeds ’n groot probleem, ook diefstal van infrastruktuur soos koperkabels en heinings word meer en meer ondervind aangesien dit gou in geld omgesit kan word.

TARENTAALJAG 2025 BORGE

DRUK OP TARENTAALJAG OM MEER TE SIEN:






SKENKING VAN BLOWERS

BLOEDRIVIER, TRANSSAND EN LEGKRAAL-DENDRON BOEREVERENINGING
Met die hoeveelheid brande wat laasjaar plaasgevind het deur persone wat die veld opsetlik aansteek moes die DLU inspring en kyk waar ons kon help. Daar was deur die Boerevereniging aangevra dat ons blowers vir hulle skenk. Die blowers werk baie doeltreffend en gaan baie help. Met fondse wat ingesamel is deur ons jaarlikse tarentaaljag kon ons 6 blowers aankoop om vir elke Boerevereniging 2 te skenk. Ons is dankbaar vir elke persoon wat ingeskryf het of pryse geborg het vir ons jaarlikse tarentaaljag wat die skenking van blowers moontlik gemaak het.

YSTERBERG VEE STUDIEGROEP


Ysterberg Vee Studiegroep is gestig in 2022. Daar vind elke 2de maand 'n vergadering plaas waar baie geleer kan word.
Kom woon gerus een van ons vergaderings by.

Vergadering datums vir die res van 2025:
6 Augustus 225
1 Oktober 2025





OOR ONS VEILIGHEIDS PROJEK

Te danke aan almal wat ons jaarlikse Tarentaaljag ondersteun en ons kommissie by ons veilingskrale, kon ons fondse skenk om 8 kameras op te rig!
Kameras is al opgerig op die volgende gebiede:
Bylsteel, Matoks, Legkraal en Dendron.

img

ONS HERKOMS EN TOEKOMS

Gaan lees gerus deur al die verskillende afdelings oor ons herkoms en toekoms.

JAAR KALENDER 2025


MEER OOR PIETERSBURG DLU EN TLU SA

img

Media

Lees gerus hier die nuutste TLU SA persverklarings, DLU nuus, Pitkos en TLU SA Internasionale bulletins.




Skakel na blad
img

Bemarking

TLU SA werk sedert 1897 ononderbroke om die kommersiële boere veilig en volhoubaar op hulle grond te laat boer, sodat voedselsekerheid bevorder en landelike stabiliteit gehandhaaf word.

Skakel na inligtinsblad
img

Tarentaaljag

Tarentaaljag 2026 vind plaas op die 6 Junie 2026. Skryf vroegtuidig in om te kan deel wees van die dag!

Skakel na blad


img

Pietersburg DLU

As u vergeet het wat ons alles al gedoen het, kan u gerus hier gaan kyk na alles wat ons aangepak het!

Skakel na blad
img

Nasionale Boere Makelaars

Die Garrun Group is 'n groep gemagtigde verskaffers van finansiële dienste in die Suid-Afrikaanse korttermynversekeringsbedryf met 'n toegewyde en ervare leierspan.

Skakel na inligtinsblad
img

Veilingsentrum Saal

Kom huur gerus ons saal by ons veilingskrale. Daar's genoeg spasie vir 200 persone om tafels of 400 persone met 'n konferensie. Daar is 'n groot braai area met lapa buite. Kontak YOLANDI by 083 30903045 of Whatsapp har by 061 511 7812.

Sien advertensie


TLU SA LIDMAATSKAP


LEDE VOORDELE


PDLU DAGBESTUUR SPAN

U kan enige tyd ons skakel vir meer inligting!

img

IZELLE JACOBS


Bestuurderes
img

ANTONIE VERCUEIL

Vise-Voorsitter
img

DERICH VAN DER MERWE

Sekundi Vise-Voorsitter
img

PIETER WENTZEL


Tesorier
img

DAWID MAREE


Addisoionele lid
web counter