Boere moet vasbyt en bly hoop, sê TLU SA president
Moed opgee en hoop verloor mag nie deel van die Suid-Afrikaanse boer se DNS wees nie.
Ons sal moet vasbyt, sterk staan en ons rûe styf maak. Kom ons ontgin en benut geleenthede wat oor ons pad kom en reik saam na die toekoms.
Misdaad in ons land is buite beheer. Plaasaanvalle en -moorde vind steeds byna daagliks plaas. Vanjaar alreeds 106 aanvalle en 28 moorde. Sedert 1990 tot vandag is 6115 aanvalle en 2198 moorde aangemeld. Elke individu moet verantwoordelikheid neem vir sy eie veiligheid en gesamentlik met sy gemeenskap toesien dat daar gemeenskapsveiligheid planne geïmplementeer word.
Diefstal van algemene landbouprodukte bly steeds ’n groot probleem, ook diefstal van infrastruktuur soos koperkabels en heinings word meer en meer ondervind aangesien dit gou in geld omgesit kan word.
DANKIE AAN ELKE LID WAT DIE FUNKSIE BYGEWOON HET!
Dit was 'n vooreg om so baie van ons boere weer bymekaar te kon kry en die middag saam kon geniet.
Ons het 8 spanne van 4 persone elk gehad wat ingeskryf het. Elke span kon 'n prys wen.
Ons wil net al ons borge bedank: Titan steel, Kudu Leisure, Wildman, Ntk, Antonie Vercueil, Pieter wentzel en Hanna's hair.
Sonder julle sou ons nie vir elke persoon 'n prys kon gee nie.
Gaan kyk gerus na ons foto's wat opgelaai is!
BLOEDRIVIER, DENDRON EN LEGKRAAL BOEREVERENINGING
Met die hoeveelheid brande wat die laaste jaar plaasgevind het deur persone wat die veld opsetlik aansteek moes die DLU inspring en kyk waar ons kon help.
Ons kon 2022 brandstof en voer skenk aan boere in Kuschke omgewing wat onder die brande gebuk gegaan het. Alhoewel dit nie lede van Pietersburg DLU was nie kon TLU SA ons bystaan met voer.
Met fondse wat ingesamel is deur ons jaarlikse tarentaaljag kon ons vir Bloedrivier Boerevereninging en Dendron Boerevereniging elk 2 vuurvegters skenk.
Ons is dankbaar vir elke persoon wat ingeskryf het of pryse geborg het vir ons jaarlikse tarentaaljag wat die skenking van vuurvegters moontlik gemaak het.
Legkraal BV het genoeg vuurvegters maar hulle moes oorgedoen word. Die bestuur het besluit om 2 vuurvegters heeltemal oor te doen en 1 net te diens.
Daar is nou 3 werkende vuurvegters by Legkraal BV wat by lede staan wat dit instand sal hou.
Samesprekings is gehou op 21 Oktober 2023 tussen Legkraal BV en Dendron Bv en daar is besluit om die 2 BV's te inkorporeer met mekaar.
Die boerevereniging gaan voortaan bekend staan as Legkraal Dendron BV (LDBV).
Kyk gerus op ons kalender vir al die gebeurtenisse wat gaan plaasvind in 2024 by LBV.
Ysterberg Vee Studiegroep is gestig in 2022 en bestaan uit 40 lede. Ons eerste Boeredag het in 2023 plaas gevind by Pietersburg Veilingskrale wat 'n groot sukses was. Daar word tans beplan aan 2024 se Boeredag.
YSTERBERG VEE STUDIEGROEP SE DOELWIT
Om 'n platform te skep waar lede van mekaar leer en almal bevoordeel word daardeur. Uitmuntende vee te teel en aan die mark beskikbaar te stel. Deur ‘n voorbeeld te stel aan alle veeboere in die omgewing en daardeur hulle positief te beïnvloed. Die belange en reëls van die Ysterberg Vee Studiegroep met integriteit na te kom.
YSTERBERG VEE STUDIEGROEP SE VISIE EN MISSIE
Om kwaliteit vee produksie te bevorder deur wetenskaplike praktiese navorsing te doen. Deur die kennis van die lede die beste oplossings te vind vir vee bestuur probleme in die omgewing. Verbetering van bio-sekuritiet op plase. Bevordering van praktiese en effektiewe metodes vir optimale produksie. Kennis op te bou van effektiewe inentings, aanvullings asook optimale boerdery praktyke.
Lees gerus hier die nuutste TLU SA persverklarings, DLU nuus, Pitkos en TLU SA Internasionale bulletins.
TLU SA werk sedert 1897 ononderbroke om die kommersiële boere veilig en volhoubaar op hulle grond te laat boer, sodat voedselsekerheid bevorder en landelike stabiliteit gehandhaaf word.
Tarentaaljag 2023 vind plaas op die 10de Junie 2023. Skryf vroegtuidig in om te kan deel wees van die dag!
Die Landbousektor voorsorgfonds bestaan uit verskeie planne. Met elke plan wat unieke voordele bied soos lede sterftes, ongeskiktheid, ongeluk, sterftes/verlies van ledemate en begrafnis voordele.
Die Garrun Group is 'n groep gemagtigde verskaffers van finansiële dienste in die Suid-Afrikaanse korttermynversekeringsbedryf met 'n toegewyde en ervare leierspan.
Kom huur gerus ons saal by ons veilingskrale. Daar's genoeg spasie vir 200 persone om tafels of 400 persone met 'n konferensie. Daar is 'n groot braai area met lapa buite. Kontak Mandie by 084 616 1803
Te danke aan ons borge met ons Tarentaaljag en ons kommissie by ons veilingskrale, kon ons fondse skenk om 8 kameras op te rig!
Kameras is al opgerig op die volgende gebiede:
Bylsteel, Matoks, Legkraal en Dendron.
Kommersiële / Voltydse boer
Nie-kommersiële boer - waarvan die munisipale rekening die grond as landbougrond gesoneer aandui. Plaasbestuurder of seun mits die eienaar van die grond 'n Platinum lid is.
Ondersteuners van TLU SA wat nie landbougrond het nie (stadsbewoners).
U kan enige tyd ons skakel vir meer inligting!
Epos: admin@pdlu.co.za
Epos: antoon@webmail.co.za
Epos: derichvdm@gmail.com
Epos: pieter@calculus.co.za